Haarverlies van worsies se ore en pensie
Douw van der Nest
Biotien-vitamien tekort: Probeer lewenslange 5 mg biotien elke 24 uur (nie mikrogram nie, soos in multivitamienprodukte).
Vaskulitis: Ander worsies, sowel as ander honderasse het vaskulitis van die oorskulprand wat kan reageer op maandlange mikrosirkulasie-verbeteraar of na infeksies uitgeskakel is, kan 1 tot 3 maande se oclacitinib suksesvol wees, alhoewel 'n kwart van gevalle wat reageer het langer behandeling nodig.
Soms is albei probleme teenwoordig en moet albei probleme behandel word.